Deel

Voorbladgesig se Xandrie: ‘Niks kom maklik’

akkreditasie
Xandrie Oosthuizen FOTO Phyllis Green
Xandrie Oosthuizen FOTO Phyllis Green
Xandrie Oosthuizen, tot onlangs nog ’n voltydse model in Kaapstad, mik nou na Tukkies vir ’n graad in inligtingsontwerp. Dié SARIE Voorbladgesig-finals deel haar drome vir die toekoms.

Xandrie Oosthuizen het al oorsee gereis vir modelwerk, maar nou maak sy haar reg vir ’n nuwe hoofstuk in Pretoria. En sy wil die geleentheid met albei hande aangryp.

“In die modewêreld het ek geleer niks kom maklik nie. Die lewe is harde werk en baie opoffer. Selfs jou voorkoms verseker nie noodwendig sukses in die modewêreld nie – harde werk wel.”

En dis hoe Xandrie graag eendag haar pad boontoe as inligtingsontwerper wil oopveg. Sy bewonder mense wat nie bang is om hul moue op te rol nie. “My ouma is 80 jaar oud, maar jonk van gees en vol energie en nooit bang om ’n nuwe projek aan te pak nie.

“Soms raak ek bang vir die toekoms, die onsekerheid oor alles wat voorlê. Maar dan onthou ek my ouma en besef ons moet elke dag benader asof dit ons laaste is.”

Dis ook Xandrie se motto vir die lewe in Suid-Afrika. “Ek is baie lief vir Suid-Afrika. Ek weet ek kan nie die situasie in ons land verander nie, maar ek kan wel elke dag ’n verskil in iemand se lewe maak.”

Xandrie Oosthuizen, voorbladgesig
Xandrie Oosthuizen in SARIE se September-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

Iemand wat ’n groot verskil in háár lewe gemaak het, is haar geliefde, Jay-Cee Nel. Hy speel vir die 0.21-Blou Bul-rugbyspan in Pretoria. “Ek wil vir seker eendag trou, ek wil met die ridder op die wit perd trou.” En voeg laggend by, “as dit Jay-Cee Nel is, sal ek baie bly wees!”

Xandrie wou hom en haar familie verras met haar voorbladmooi-foto’s in SARIE se September-uitgawe, dus het sy die fotosessie in Kaapstad geheim gehou. “Die hele fotosessie-week was ’n groot avontuur. En jy word heeltyd bederf – ons het gesigsbehandelings gehad by die Isa Carstens Akademie, ’n Kalahari-behandeling by die Cape Grace Hotel en ons hare is bederf met INOAR-produkte by die Spoilt-haarsalon.”

Volgens Xandrie maak die Voorbladgesig-kompetisie nuwe deure oop en kan dit nog toekomsdrome bewaarheid. En wat maak ’n goeie voorbladgesig? “Iemand wat jy dadelik raaksien, iemand wat jou aandag trek.” Oor dié eienskappe beskik Xandrie beslis!

Agter die skerms met Leze Neale-May en Liebné Liebenberg FOTO Phyllis Green
Xandrie Oosthuizen FOTO Phyllis Green
Xandrie Oosthuizen, voorbladgesig
Xandrie Oosthuizen en haar Jimmy Choo-parfuum FOTO Phyllis Green
Xandrie Oosthuizen, voorbladgesig
Xandrie word gestileer deur SARIE se stylredakteur Fanie Cronjé FOTO Phyllis Green

Só is Xandrie voorbladmooi ...

PARFUUM Jimmy Choo L’Eau, ’n vars blomgeur 

INOAR Die Speed Blond-reeks het haar blond gekleurde hare verhelder en geelheid verwyder, waarna die Daymoist-masker aangewend is vir ekstra vog.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n omvattende velanalise ontvang en daarna ’n gesigbehandeling propvol antioksidante. 

KALAHARI Elkeen is bederf met ’n lyfafskilfering, voetbehandeling en twee lyfmasserings, asook ’n vitamien C-gesigbehandeling vir ’n helder, fermer vel.

Xandrie Oosthuizen kry die INOAR-behandeling by die Spoilt-salon in Groenpunt FOTO Instagram / @xan.na
Die finaliste het Isa Carstens in Stellenbosch besoek
Pamperlang met Kalahari-behandelings by die Cape Grace in Kaapstad FOTO Carmen Botma
Jimmy Choo L'Eau
Jimmy Choo L'Eau
INOAR se Absolute SpeedBlond-reeks
INOAR se Absolute SpeedBlond-reeks

SARIE Voorbladgesig word met trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Die finaliste het tydens die fotosessie gebly by Tsogo Sun se luukse Cullinan Hotel.

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees